top of page
Bietjie oor ons...

MAA se waardes is in ooreenstemming met die vereistes[1] van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Dit beteken dat ons kinders binne die gemeenskap en in hulle gesinne koester. Die personeel tree verantwoordelik op en die onderrig is gepas, doeltreffend, effektief, normgeoriënteerd en gefokus op die kind. Kiga onderhou en beskerm in alle opsigte die regte van kinders. MAA volg ‘n holistiese benadering met ‘n multi-dissiplinêre span.

Kinders ontwikkel in ‘n ”speelomgewing” waar hulle nie agterkom dat hulle leer nie. Ons volg derhalwe nie ‘n rigiede stelsel waarin die kind soos ‘n robot behandel word nie.

Ons volg vir Deo Gloria die riglyne van die kurrikulum soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys van Suid-Afrika. Ons inkorporeer ook ander aspekte van modelle wat sinvol is.

Die predikante van die onderskeie gemeentes wat by die skole betrokke is, sowel as Karin Schoeman, vorm die beheerliggaam. Die betrokke predikante is di. Erik Immelman (NGK), Paula Eksteen-Erasmus (NHK) en Peet van den Berg (GKSA).

 

 

Midrand Afrikaanse Akademie (MAA) ontstaan en beginsels

Kiga Kleuterskool en Laerskool Deo Gloria is deur die drie Afrikaanse susterskerke in Midrand begin. Die gemeentes het geroepe gevoel om ‘n diens aan die gemeenskap te bied deur skole te stig, omdat Midrand nie Afrikaanse skole gehad het nie. Kiga en Deo Gloria vorm Midrand Afrikaanse Akademie. Ons aanvaar op die oomblik vir 2014 kinders vanaf voorskoolse fase tot Gr. 3. Daarna sal ons met ‘n graad per jaar groei (of vinniger volgens behoefte) tot Gr. 12.

MAA se grondslag is die Woord van God. Ons benadering tot die kurrikulum, personeel, kinders en ouers is gevestig in die liefde van Christus Jesus. Dit vorm vir ons die vernaamste grondslag waarvolgens onderrig plaasvind – sonder ‘n liefdevolle, veilige omgewing kan geen kind immers leer nie!

Ons onderrigmedium is Afrikaans as moedertaal, want dit vorm deel van die grondslag vir ‘n kind se opvoeding om in sy/haar moedertaal onderrig te word. Engels word nietemin vanaf Gr. 1 as eerste taal aangebied weens die belangrikheid daarvan as wêreldtaal. Bybellees en geestelike sang is verpligte aktiwiteite vir alle ingeskrewe leerders. 

 

 

Registrasie en kontak
Ons het nog plek! Skakel ons gerus en kom kyk na die skool voor julle 'n besluit maak.  Stuur gerus jou besonderhede om op die waglys geplaas te word. 
Kontak Paula: 0832825121
nhkmidrand@gmail.com
 

 

Ons Personeel
Ons afrikaans sprekende personeel het almal 'n passie vir kinders!
 

 

Skoolgeld

Voorskools

R1 500 x 12

R1 800 x 12

 

Gr. 0

R2 300 x 11

R2 990 x 11

 

Gr. 1-3

R2 645 x 11

R3 335 x 11

 

Ad-hoc nasorg per dag

 

R63

 
 
bottom of page